VERASSING - 9 APRIL 2008 Die ooievaar het ons besoek met 'n verassings pakkie -
'n lekker see vakansie by Hiberdene het begin met 2 Bothas en ons het teruggekeur as 3.... 
Opgewondenheid is sekerlik 'n "UNDERSTATEMENT" as dit kom by ons gevoelens - ANDRIES IS SO TROTS HY PRONK SKOON en nie dat ek enigsins my mond kan hou nie. Ons praat NONSTOP en vertel vir almal
so hiermee en daar gelaat begin ek my Journal met al die spesiale details van wat gebeur
9 April
Vandag het ons uitgevind ek is swanger sommer 2 toetsie gedoen en natuurlik vir Dr Wicus gevra vir 'n bevestiging en 'n bloedtoets laat doen
Terwyl ons gewag het vir die bloedtoets uitslae het die masjien gebreek wat dit vertraag het. om 20h33 het ons uitgevind dis positief. Wicus het ons gebel en ons was in die wolke
10 April
Vandag het ons 'n afsprakie gereel met die gini ons sien hom die 24ste om na die hardklop te luister en te hoor of alles reg is. Ons bid en vertrou dat alles vlot verloop.
nou is dit die reelings hospitaal, medies etc.... |